Taal

Cel Nommer
+27 82 782 2697
Kantoor Nommer
+27 23 616 3091
Epos Adres
Riggton River Farm verwelkom u
Privaat kampeergronde op die wal van die Breërivier in die hart van Bonnievale.
'n verborge kampeerparadys ...
Omring deur lower groen heuwels en wingerde van Bonnievale lê 'n weggesteekte kampeer paradys langs die Breërivier
atmosfeer wat jou aangryp
Geen motorbote op die rivier is toegelaat nie. Slegs die klanke van voëls se gesang en die wind wat waai deur die lang bloekombome en soms die atmosfeer van die dorpsgeluide kan gehoor word.
bring jou familie of bied 'n funksie aan
Bring jou hele familie of bied selfs 'n maatskappy wegbreek geleentheid aan vir spanbou. Daar is meer as genoeg ruimte vir 'n klomp mense om die vreedsame en veilige omgewing te geniet.
ongelooflike natuurskoon van moeder natuur
Geniet 'n braai, vang 'n paar visse, roei 'n bietjie, swem in die rivier of kom net om die ongelooflike natuurskoon van moeder natuur te sien.

Welkom by die Riggton River Farm webtuiste

Hier sal u alle relevante inligting vind om van u kampering 'n genotvolle ervaring te maak.

Omring deur lower groen heuwels en wingerde van Bonnievale lê 'n weggesteekte kampeer paradys langs die Breërivier waar jy in privaatheid 'n rustige vakansie of net 'n wegbreek-naweek kan geniet. Bring die hele gesin of bied 'n geleentheids funksie aan. Daar is meer as genoeg ruimte vir almal om die rustige en veilige omgewing van Riggton River Farm kampeerterrein te geniet. Aangesien geen motorbote op die rivier toegelaat word nie, is u stilte gewaarborg.

Al die nodige fasiliteite is tot jou beskiking. Geniet 'n braai, vang vis, roei, swem of kom geniet net die pragtige natuurskoon.

Ons is oortuig dat u u verblyf by ons sal geniet , soos baie besoekers vantevore. Ons hoop om spoedig van u te hoor.

Finding Pretty Again

Ons het afgekom op 'n wonderlike blog artikel oor ons kampplek deur plaaslike blogger, Karin Holtzhausen. Haar eerlike en lieflike fotos beteken baie vir ons en vat saam die wese van ons paradys.

Klein plattelandse dorpies het 'n sjarme van hul eie en daar is baie in die Weskaap vir mense om te verken - deur slegs 'n dagbesoek of 'n naweek. Bonnievale is geen uitsondering nie. Die skoonheid van Bonnnievale was onlangs herontdek op 'n naweek kamp by Riggton River Farm, reg op die wal van die Breërivier.

Karin Holtzhausen
Karin Holtzhausen
Blogger