Taal

Cel Nommer
+27 82 782 2697
Kantoor Nommer
+27 23 616 3091
Epos Adres
Die geskiedenis van Riggton River Farm en Bonnievale
Lees oor die story van hoe Riggton River Farm onstaan het.

Die Riggton River Farm

Mnr Christopher Forrest Rigg, stigter van Bonnievale, het sy plaas verdeel in kleiner eenhede en dit verkoop nadat hy die besproeiingskanaal voltooi het. Vier van hierdie oorspronklike plaaseenhede met totale oppervlakte van 25 hektaar is deur Pierre Albertyn gekoop in Desember 2001.

Mr Rigg se oorspronklike woning, Riggton, is 'n baie historiese gebou in Bonnievale en word deur die Albertyn-familie besit die afgelope 40 jaar.

Kort nadat die plasie langs die Breërivier gekoop is deur Pierre Albertyn het hy die natuurlik gevormde kampterrein op die wal van die Breërivier skoongemaak van struike, en gras geplant onder die reuse ou bloekombome van die kampterrein. Baie gou daarna het die gewildheid van hierdie kampterrein toegeneem weens die rustigheid en natuurskoon.

 

 

Christopher Forrest Rigg (1861 - 1926)

'n foto van Christopher Forest Rigg. Stigter van Bonnievale.Christopher Forrest Rigg is in ongeveer 1861 in Phyton, Skotland gebore, maar sy ouers het na Suid-Afrika geëmigreer toe hy twee jaar oud was. Die familie het hul gevestig in die goudmyn dorpie, Barberton, in die Transvaal. Rigg se pa wou hê dat hy ‘n speurder word, maar hy het eerder by die goudmyn as ‘n plofstofoperateur gewerk. As ‘n jong man het Rigg deur Suid-Afrika getoer, na Port Elizabeth, Lindley in die Vrystaat, en na Johannesburg.

Rigg se eerste vrou, Petronella, was van Holland, en hulle het twee seuns, Gordon en Milfred, gehad. Rigg het van Petronella geskei in 1893 en sy het later met ‘n Mnr. Morries getrou. In 1894 het Rigg weer getrou. Sy nuwe bruid, Lilian Isobel Elizabeth Moon, was van die Robertson distrik. Met die tyd van hul troue, was Lilian 19 jaar oud, Rigg was 33. Hulle het drie dogters gehad, maar twee is as baba’s oorlede. Die oudste, Mabel, was in Johannesburg in 1895 gebore, maar en dieselfde jaar oorlede in Lindley. Die tweede dogter, Gladys, is gebore in Lindley, maar is ook nege maande later oorlede. Die Riggs het daarna getrek na die huidige Bonnievale area in 1900, waar Mary Myrtle

gebore is in 1903. ‘n Pragtige kind en as sterk gelowige, het sy liefdevol groot geword by haar ouers. Sy was veral lief daarvoor om in ‘n sekere lusernveld naby hul huis te speel. Tragies het sy in 1911 breinvliesonsteking opgedoen en op haar doodsbed haar pa gevra om ‘n klein kerkie vir haar te bou.

Mary Myrtle is begrawe in haar gunsteling speelgrond, die lusernveld naby hul huis. Later, het hierdie veld die familie begrafplaas geword. Die twee grafte aan die regterkant van Mary Myrtle s’n, is dié van haar oupa en ouma, Mnr en Mev Moon. Aan die linkerkant is die graf van haar ma, Lilian, wat in 1949 oorlede is.

Rigg het sy belofte aan sy dogter gehou, en die klein Normandiese-styl kerkie in herinnering aan haar gebou. Hy het klip gekap vir die kerkie van ‘n heuwel sowat 100 meter van die plek. Hierdie was was waarskynlik ‘n baie tydsame proses. Die datum op die hoeksteen is 1921, maar die eerste Anglikaanse diens is eers gehou in 1924. Die vloer van die kerk is van marmer wat vanuit.'n Foto van Myrtle Rigg. Dogter can Christopher Forest Rigg.

Italië ingevoer is, en die loodglas vensters is vanaf Engeland. Die dak is koepelvormig en gemaak van klip van die rivier en sement. As gevolg van erge lekkasie in die begin, het Rigg ‘n 2 duim laag soliede lood laat opsit. Op een van Rigg se toere, het hy die hoofdeur in Zanzibar gekoop. Die deur was oorspronklik gemaak vir ‘n tronk en op daardie stadium is daar geglo dat dit 300 jaar oud is. Die twee sydeure en die kerk se meubels kom van ‘Thesen’s’ in Knysna. Die koster se kamer is in die kloktoring en word bereik deur staaltrappe. By die ingang, bokand die hoofdeur is ‘n portret van Mary Myrtle, en in die agtergrond ‘n roosboom met sewe rose, om die sewe jaar van haar lewe uit te beeld.

Die Mary Myrtle Rigg Kerkie is bekend as die enigste kerk in die wêreld gebou op versoek van ‘n kind.

'n Foto wat die Myrtle Rigg Kerk wys net na dit opgerig was.Die Besproeiingstelsel

Tot en met 1900, behalwe vir die Breërivier, het net ‘n paar bergstroompies, die Boesmans-, Bosmanspad-, Bruintjies- en Middel Rivier, die area met water verskaf. Langs die rivierbanke van die Breërivier was slegs beesboerdery moontlik, met beeste en bokke.

In1898 was Mnr. Dieterlie, ‘n Duitser, en Mnr. Ernest de Wet, ‘n boer van die Robertson distrik, die eerste om die moontlikheid te sien om water van die Breërivier te gebruik vir besproeiing. Hulle het die projek begin waar die Kogmanskloof Rivier in die Breërivier vloei. Hulle moes ‘n diep kanaal uitgrawe onder swaar omstandighede, en na ongeveer 3 km is hul vordering gestop deur die diep Olifantskrans. In 1900 is Dieterlie bankrot verklaar en hulle is gedwing om die projek te laat vaar. De Wet is in 1902 oorlede.

Christopher Forrest Rigg het egter onlangs gearriveer in die area en het besluit om sy kennis te gebruik om met die projek voort te gaan. Hy het reuse hout kanale, 4 voet, 6 duim wyd en 2 voet diep, ingevoer. Hierdie kanale is op pilare geplaas, en die kabels om die kanaal in plek te hou is met dik paaltjies in die heuwel geanker. Op twee plekke kan die oorblyfsel van hierdie kabels steeds gesien word. Die sewe meter pilare is gemonteer op dik pale in die rivier bed. Bo en behalwe die moeilike konstruksie, was daar ook probleme met lekkasies.

Die eerste water het Bonnievale in 1900 bereik. Aan die begin was die kanaal klein en winterrommel uit die Breërivier het die stelsel verstop, wat die ineenstorting van die kanaal veroorsaak het. Daar is weer van voor af begin werk aan die kanaal, wat gelei het tot die tydelike onderbreking van die watertoevoer. Hierdie was ‘n jaarlikse dilemma tot 1906. Tot op hierdie punt, op 1 Januarie 1906, het Rigg sy plofstof kennis gebruik om ‘n tonnel deur die Olifantskrans te ontwikkel. Ongeveer 80 – 100 mense het gewerk aan die projek en ongeveer 80 bokse dinamiet is gebruik. Rigg het ses tonnels gemaak deur van twee kante, noord en suid, uitgrawings te doen. Tog het Rigg soos sy voorgangers finansiële probleme gehad, maar in Desember 1906 het ‘n bank in Robertson tot sy redding gekom. Toe die tonnel voltooi is, was die kanaalprojek ‘n sukses. Rigg het steeds baie terugslae gehad a.g.v. die kanaal wat van tyd tot tyd gebreek het. Net buite die dorp is daar ‘n heuwel waar die bros struktuur van die grond veroorsaak het dat die kanaal ingesak het. Rigg het hierdie heuwel “Vrotkop” gedoop vir die duidelike redes. In 1914 is sement die eerste keer gebruik om die kanaal se konstruksie te herstel en te versterk. Die koerante het die onderneming as “die grootste ingenieursprojek van sy tyd in Suid-Afrika deur een man” beskryf.

In 1909 was daar baie boere in die vallei en hulle het die Zandrift Besproeiingsraad gestig. In 1910 het Rigg die hele kanaalstelsel en tonnel aan die raad geskenk, met die voorwaarde dat hy op die raad kon dien.

Oorspronklik het die kanaal by die Nordale Wynkelder geëindig, met omtrent 200 meter ondergrond. In 1912 is die kanaalstelsel verder oos ontwikkel. ‘n Inginieur, Mnr. Burrows, het dit uitgebrei tot so ver as Boesmansdrift en La Rochelle. Die water het onderdeur die rivier gevloei in ‘n staal pyp wat deur Burgemeester Kasie Wolhuter van Robertson gelê.

Dit is 95 jaar sedert die kanaal voltooi is. Vandag, gebruik die hele oos deel en groot dele van die weste kant van Bonnievale steeds die kanaalwater, wat nog baie is soos dit was met die bou deur Rigg, tenspyte van die groot ontwikkeling wat daarna plaasgevind het.

 

 

Bonnievale

Rigg het die hele van die huidige Bonnievale van ‘n Mnr. Van Zyl, van die plaas Mooiplaas tot by die hedendaagse munisipaliteit grense aan die ooste kant gekoop. Hy het die land in 5 akker plotte verdeel om ontwikkeling moontlik te maak.

In 1901 het Rigg ‘n 65 bladsy boekie laat publiseer by ‘The Cape Times’, wat handel oor die geskiedenis van die eerste settelaars in die area, waar daar geen paaie, telefoonlyne of brûe oor die Breërivier was nie. In 1998 is die Nuwe Kaapse Spoorweg gebou, met die hoofkwarture in Swellendam. Die spoorlyn het deur die vallei van Worcester geloop, met ‘n draai deur die huidige stasie. Rigg het sy eie telefoonlyn laat lê na sy plaas van Ashton. Hy het ook versoek dat die Spoorweë die trein laat stop by die draai in Bonnievale, sodat hy sy lusern, beet, meel en ander groentes. Die boere kon nie appels, perskes of druiwe plant nie, aangesien die Breërivier slegs in die winter gevloei het. Van November tot Maart, en soms tot April, was daar geen water in die kanaal nie.

Rigg se boek is versprei oorsee en in Suid-Afrika om geinterresseerde mense te lok na die area. Aan die begin het verskeie Engelse en Joodse mense gekom. Binnekort het ander van Oudtshoorn by hul aangesluit na die ineenstorting van die volstruisbedryf in 1912 – 1914. Rigg se agent, Mnr. Lourens, was gesetel in Oudtshoorn om mense aan te moedig om na Bonnievale te trek. Met hul aankoms in die vallei, het hul in tente, kamers of gemeubileerde huise gebly. Rigg het ‘n waterfiskaal aangestel wat water per volume verkoop en beheer het. Vandag koop boere steeds hul aandeel van die water in die kanaal.

Sommige mense kon ongelukkig nie hul finansiële verpligtinge nakom nie en was gedwing om hul grond aan Rigg terug te gee vir die herverkoop aan ander. Rigg het baie geld gemaak op die manier. Hy het aangehou boer in ‘Happy Valley’ tot 1908. Daarna het hy die area van Forrest Straat af na die oostelike grens van die munisipaliteit ontwikkel. Hy het toe die ontwikkelde deel verkoop.

Rigg se droom was dat die dorp teen die heuwel gesitueer moes wees, en nie op land wat geskik was vir boerdery nie. Die dorp is eers ontwikkel in die Forrest straat area. Die eerste Dorpsraad is gestig in 1922 en die eerste munisipaliteit is verklaar in 1953. Soos die inwoners van die vallei vooruitstrewend geraak het, het die dorp uitgebrei. Die strate is geteer, elektrisiteit is verskaf in 1951 en munisipale water is beskikbaar gestel in 1953.

Die naam Bonnievale is gekies in nagedagtenis van Rigg se oupa se huis in Skotland.

In November 1926, terwyl hy op toer was oorsee, is Christopher Forrest Rigg oorlede op see. Die skip het blykbaar nie koue stoor fasiliteite gehad nie en Rigg is ter see begrawe, tenspyte van Mev. Rigg se aanbod van 5000 pond aan die kaptein om sy liggaam te hou vir ‘n begrafnis op land. ‘n Grafsteen is opgerig in sy eer.

Inligting van www.bonnievale.co.za verkry