Taal

Cel Nommer
+27 82 782 2697
Kantoor Nommer
+27 23 616 3091
Epos Adres
Fasiliteite en Aktiwiteite
Die volgende is 'n lys van fasiliteite en aktiwiteite beskikbaar wanneer u Riggton River Farm besoek.

Fasiliteite

Drinkbare Munisipale water
Waterkrane elke 10 meter gespasieer.
Kragpunte is beskikbaar
Bring 20 meter verlengstukke saam. Die kampeerterrein word saans verlig deur spreiligte wat ook op die rivier skyn.
Ablusie fasiliteite
2 Ablusie blokke (Mans en Dames) met toilette en warm storte.
Ander fasiliteite
Braai dromme (hout en roosters nie verskaf nie). Sleephelling vir maklike toegang tot die rivier.

Aktiwiteite

Kampering
Kom slaan jou tent op of bring jou karavaan.
Swem
Bring jou swembroek en lilo om die water te geniet op die wal van die Breërivier.
Roei
As jy 'n kanoe of roeiboot het, bring dit saam.
Visvang
Die Breërivier bied 'n groot aantal hengelplekke aan met 'n moontlikheid om 'n paar Gespikkelde Knorder, Leervis of Kabeljou te vang.
Stap
Geniet die omgewing van plaasdiere en pragtige natuurskoon, terwyl u lang staptogte geniet saammet u geliefdes.
Draf
Maak vas jou hardloopskoene en hardloop deur die pragtige omgewing en welig wingerde van Bonnievale.
Voëls kyk
Vir diegene wat hul troos vind in die raaksien van seldsame voëls, is Riggton River Farm die tuiste van baie verskillende spesies.
Meditering
Die rustige omgewing is ideaal vir diegene wat hul gedagtes en harte wil skoon maak.
Geen Troeteldiere
Geen troeteldiere word toegelaat nie.